Mammie

Ek wou net se

Ek wens ek het opgelet dat jy siek was

Ek wens ek het jou vroeer probeer wakker maak

Ek wens ek het gesien hoe siek jy was daai oggend

Ek wens ek het iets gedoen

Ek wens ek het iemand anders gebel om te kom help

Ek wens ek was nie histeries nie

Ek wens ek het vir Alley laat huistoe kom

Ek wens ek kon sien hoe jy my agterna gekyk het

Ek wens die dokter was slimmer

Ek wens ek het by jou gebly daai nag

Ek wens iemand was saam my daai oggend

Ek wens die hospitaal het my gebel die nag toe die dokter jou intubeer

Ek wens die suster in icu het my gese jy gaan dit nie maak nie

Ek wens die dokter het nie gese daars hoop nie

Ek wens jou bloeddruk het nie geval nie

Ek wens die masjiene was nie joune nie

Ek wens my liefde kon jou lewe red

Ek wens Seymour kon jou net eenkeer sien

Ek wens ek word eendag wakker

Ronelda S. Kamfer

Ronelda S. Kamfer (1981) debuteerde met in 2008 met Noudat slapende honde (Nu de slapende honden, Podium, 2010) waarvoor ze de Eugène Marais-prijs kreeg. Dit jaar verscheen haar tweede bundel Santenkraam (Podium).